Aanvalle op regbank veroordeel

Hoofregter Raymond Zondo sê die aanvalle op die onafhanklikheid van die regbank en sy rol in demokrasie is ongeregverdig. Oudpresident Jacob Zuma en die EFF-leier Julius Malema is ván die individue wat die regbank aangeval het en regters daarvan beskuldig dat hulle politieke agendas het. In ‘n eksklusiewe onderhoud met eNCA sê Zondo, die aanvalle op die regbank is deur mense met persoonlike agendas wat probeer om howe se werk ongedaan te maak: