Aurora, die robot gaan aanloopbaan patrolleer in Alaska

’n Koplose robot omtrent so groot soos ’n labrador sal as ’n jakkals gekamoefleer word om trekvoëls en ander wild by Alaska se tweede grootste lughawe af te weer.

Die robot genaamd Aurora, kan rotse klim, trappe opgaan en dansagtige bewegings maak terwyl groen ligte flikker. Hierdie taktiek sal gebruik word om wilde diere weg te jaag.

Alaska se Departement van Vervoer en Openbare Fasiliteite sê dit sal by die Fairbanks-lughawe gesetel wees om “veiligheid en bedrywighede te verbeter en aan te vul”.

Aurora sal elke uur ’n buitelugarea naby die aanloopbaan patrolleer in ’n poging om skadelike ontmoetings tussen vliegtuie en wild te voorkom.

Foto: Verskaf