Unam hou voet by stuk studente moet eers betaal

Die Universiteit van Namibië wat die kwalifikasiesertifikate en akademiese transkripsies van studente wat nog geld skuld weerhou, is weer in die nuus. Die geraakte studente eis die universiteit se ingryping en dreig om die komende gradeplegtigheid te boikot as daar nie aan hul eise voldoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die universiteit se woordvoerder, Simon Namesho, wat sê sodra agterstallige studente hul transkripsies ontvang, kom hulle nie hul beloftes na om uitstaande skuld te betaal nie.

Intussen is die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie steeds in gesprekke gewikkel oor die pad vorentoe vir studente met uitstaande skuld.