Cyril woon jaarlikse Paas-pelgrimstog in Moria by
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het hom by honderde-duisende gelowiges aangesluit wat die jaarlikse Paas-pelgrimstog by die St Engenas Sioniste Christenkerk se hoofkwartier in Moria, Limpopo, bywoon. Ramaphosa het op Goeie Vrydag die diens van die Eagle Christian-kerk in Bloemfontein bygewoon. Hy doen ‘n beroep op kerke om te bid vir ‘n vreedsame verkiesing. Die president sê hy is nie besig om stemme te werf terwyl hy kerke tydens die Paasnaweek besoek nie.