Europa ‘in voor-oorlogse era’

Die Poolse eerste minister, Donald Tusk, sê Europa betree ‘n “voor-oorlogse” era. Hy waarsku dat die vasteland nie gereed is nie en dring daarop aan dat Europese lande belegging in verdediging verhoog. Tusk se opmerkings kom dae nadat ‘n Russiese missiel kortstondig die Poolse lugruim binnegedring het tydens ‘n groot aanval op Oekraïne. In ‘n onderhoud met ‘n groep Europese koerante, het Tusk gesê: “Ek wil niemand bang maak nie, maar oorlog is nie meer ‘n konsep uit die verlede nie. Dit is werklik en dit het meer as twee jaar gelede begin.”