Covid-pandemie het sterftes en migrasie in SA beïnvloed

Statistieke Suid-Afrika sê volgens die jongste bevolkingsberamings het Covid-19 sedert die begin van die pandemie verlede jaar sterftes en migrasie in die land beïnvloed. Die koronavirus het die lewensverwagting van mense in die land met 3,5-jaar verminder. As gevolg van Covid-sterftes het die lewensverwagting van mans in Suid-Afrika tot onder die ouderdom van 60 jaar gedaal. Volgens Diego Iturralde van StatsSA word die bevolking van die land vir 2021 op 60,14 miljoen geraam, ‘n toename van ongeveer 1,01 persent: