Katjavivi gesels oor parlementêre diplomasie

Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, is tans in Switserland waar hy ‘n afvaardiging van parlementslede na die 148ste Parlementêre Unie Vergadering in Genève lei. Katjavivi het die parlement toegespreek en sê dit versterk parlementêre diplomasie.

Hy het ook melding gemaak van vroue se verteenwoordiging in wetgewers.