Parys kroon kampioen-kelners in ‘koffie-resies’

Kelners het ‘n skinkbord met ‘n koffie, croissant en glas water vir 2 kilometer deur Parys se strate gedra en seker gemaak dat hulle nie ‘n druppel mors nie.

Die ikoniese Course des Cafes of “koffie-resies” is ‘n 110-jaar oue tradisie waar kelners deur Parys se strate draf terwyl hulle koffie en croissants balanseer.

Die wedren se vroulike en manlike wenners, ⁠Pauline van Wymeersch en ⁠Samy Lamrous, het elkeen kaartjies vir die openingseremonie van die Olimpiese Spele hierdie somer gekry. Ander top-presteerders het geskenkbewyse aan restaurante regoor die stad ontvang.

Hoeveel kilometer sal jy kan draf met ‘n koppie koffie sonder om ‘n druppel te mors?

Foto: Verskaf