Israel beset nog honderde hektaar meer

Die Israeliese finansies minister, Bezalel Smotrich, het 800 hektaar in die besette Wesoewer as staatsgrond verklaar. Die stap sal die gebruik van die grond vir nedersettings bou vergemaklik. Die aankondiging is gemaak op die dag toe die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, Israel besoek het vir samesprekings met premier Benjamin Netanyahu. Dit bewys Israel se vasberadenheid om voort te gaan met die bou van nedersettings in die Wesoewer, ondanks toenemende internasionale opposisie. Palestynse owerhede het die stap veroordeel.