Verstappen se wedren eindig in ‘n rookwolk
Ferrari-ondersteuners het breë glimlagte op hulle gesigte nadat die Italiaanse span die eerste en tweede plekke in die Formule Een Grand Prix in Australië ingepalm het. Carlos Sainz het eerste oor die wenstreep gejaag om Red Bull se greep te breek nadat die wêreldkampioen, Max Verstappen, nie die wedren kon voltooi nie. Sainz, wat net twee weke gelede ‘n blindedermoperasie ondergaan het, se spanmaat, Charles Leclerc was tweede en Lando Norris van McLaren derde. Verstappen moes die handdoek ingooi in die derde ronde nadat rook uit ‘n agterwiel begin borrel het.