Malawiese president beskuldig van nepotisme
President Lazarus Chakwera van Malawi ontken beskuldigings van nepotisme nadat hy sy dogter, Violet, as derde sekretaris by die land se ambassade in België aangestel het. Hy sê die land se burgers het ‘n probleem met een aanstelling terwyl hy reeds meer as twee-duisend mense in die staatsdiens aangestel het. Kritici deel nou Chakwera se ou toesprake waarin hy sy voorganger, Peter Mutharika, beskuldig dat hy sy vriende en familie bevoordeel. Volgens Britse media het hy talle omstrede aanstellings gemaak sedert hy verlede jaar in die amp bevestig is.