As jou troeteldiere kon praat, wat sou hulle sê?

Dit klink soos die storielyn van ‘n nuwe Disney-rolprent, maar kenners voorspel KI sal mense toelaat om met huishoudelike troeteldiere, en selfs wilde diere, te kommunikeer.

Navorsers regoor die wêreld gebruik ‘digitale bio-akoestieks’ of te wel klein, draagbare, digitale opnemers om die geluide en gedrag van diere vas te vang wat te sag of genuanseerd is vir mense om te hoor.

Hierdie databasisse sal gebruik word om kunsmatige intelligensie op te lei om hierdie kommunikasie te ontsyfer en dit te vertaal in iets meer verstaanbaar vir ons, amper soos ‘n ‘ChatGPT vir diere’.

Projekte soos die Earth Species Project verwag ‘n deurbraak in die volgende 12 tot 36 maande.

Foto: Verskaf