Ben Freeth sê dankie aan Namibiese burgers en boere
Die Namibiese Landbou-unie sê die stryd van Zimbabwiese boere om of hul grond terug te kry of vergoeding daarvoor te kry is aangrypend maar hy kan nie aan Ben Freeth se aksie deelneem nie. Die unie sê die SADC-tribunaal bestaan nie meer nie en dat Namibië in ’n unieke posisie in Afrika is waar reg en geregtigheid gerespekteer word, en waar medelandsburgers mekaar respekteer. Freeth sê hy waardeer die ondersteuning van boere en landsburgers en dat sy optog na Windhoek juis gaan oor geregtigheid vir die 400 miljoen inwoners van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.