Wie wil by die pikkewyn-poskanoor werk?
Aansoeke is oop vir werk by Antarktika se beroemde ‘pikkewyn-poskantoor’. Suksesvolle aansoekers moet self-gemotiveerd en empaties wees en nie omgee om slegs elke twee weke te stort nie. Die perseel in Port Lockry is die mees suidelike poskantoor in die wêreld en dit ruik gereeld na pikkewyn-poef. Die Antarktiese Erfenistrust sê daar is dié jaar drie poste beskikbaar en dit is slegs vir Britse-burgers oop.