Pleidooi om Struggle Kids te red
Die Namibiese Struggle Kids Vereniging is in ‘n ope brief geroskam deur die regspraktisyn Kadhila Amoomo – oor die lot van Angolese straatkinders. Hy herinner dIe organisasie aan die hulp wat Angola oor jare aan Namibiese burgers verleen het. Niemand weet waar die kinders tans woon of wie na hulle omsien nie. Hy eis dat die organisasie inspring en help dat die kinders die voordele van gratis skoling, veilige behuising en gesondheidsorg kry. Kadhila het ook aan President Nangolo Mbumba en ander relevante organisasies geskryf.