Suid-Afrika word kerngeneeskunde-baanbreker
Die Nasionale Navorsingstigting sê die nuwe Suid-Afrikaanse Isotoop-gerief is ʼn baanbreker wat betref die land se pogings om die vervaardiging van lewensreddende kerngeneeskunde, asook relevante navorsing en opleiding te verhoog. Dit is by die iThemba Laboratory for Accelerator-Based Sciences in Kaapstad gebaseer. Die stigting se uitvoerende hoof, Fulufhelo Nelwamondo, sê dit sal Suid-Afrika in staat stel om navorsing oor sub-atomiese fisika en dissiplines soos ruimtewetenskap, nanowetenskap en ander tegnologie uit te brei.