Oekraïne bom Russe tydens verkiesings

Twee mense is dood in ’n Oekraïense missielaanval in die weste van Rusland en ’n aparte hommeltuigaanval het ’n Russiese olieraffinadery aan die brand gesteek..Oekraïne het hierdie week herhaalde aanvalle op Russiese raffinaderye uitgevoer. Russiese President Vladimir Putin beskuldig Oekraïne dat hulle sy verkiesing probeer ontwrig. Rusland het ook sy dodelikste aanval in weke gedoen toe sy missiele ‘n woongebied in die Oekraïne se hawestad Odesa getref het, en minstens 20 mense dood is.