DRK het heteroseksuele m-pokke
’n Nuwe uitbreking van m-pokke, voorheen aap-pokke in die Demokratiese Republiek van die Kongo word gekoppel aan heteroseksuele gedrag. Gevalle is in 22 van die land se 26 provinsies aangeteken en die verantwoordelike variant is voorlopig geklassifiseer as ‘n nuwe subgroep, onderskei van dié wat verantwoordelik is vir vorige wêreldwye uitbrekings. Daardie variant is net in homoseksuele mans bevestig. Die land het tans amper 12 570 gevalle met 581 sterftes.