ANC is bly hy het Israel aangevat

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is nie spyt dat hy die eerste land was wat ‘n regsgeding teen Israel by die Wêreldhof aanhangig gemaak het nie. In Januarie het die hof Suid-Afrika se versoek vir voorlopige maatreëls om ‘n moontlike volksmoord in Gaza te stuit toegestaan, maar Israel het sy aanvalle voortgesit. Verlede week het die land die hof dringend gevra om bykomende noodmaatreëls teen Israel af te dwing om ‘n hongersnood in die Gaza-strook te voorkom. Mashatile het met die beantwoording van vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê Suid-Afrika keur nie volksmoord goed nie.