Boeing se probleme verdiep
Nieu-Seeland se Kommissie vir die Ondersoek van Vervoerongelukke wil beslag lê op die stuurkajuit-stemopnemer van ‘n Boeing 787 Dreamliner van LATAM Airlines, nadat meer as 50 mense Maandag in ‘n voorval beseer is. Die vliegtuig het tydens ‘n vlug tussen Australië en Nieu-Seeland grond toe getuimel toe die vlieëniers blykbaar beheer verloor het, maar die vliegtuig het uiteindelik veilig geland. Dit is die jongste voorval waarby dié Amerikaanse vervaardiger betrek word, nadat ’n deel van ’n Alaska Airlines 737 Max se deur in Januarie, kort ná opstyging in die VSA, afgewaai het. Boeing blyk om in die sop te wees in die VSA en het blykbaar 33 uit 89 oudits gedruip. Daar is ook geen rekords van wie op die Alaska Airlines vliegtuig gewerk het nie. Die voorsitter van die Nasionale Veiligheidsvervoerraad Jennifer Homendy…