OVK-werker wat lys lek, moet sy pos verdedig

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die amptenaar wat na bewering die kandidatelyste van die ANC en uMkhonto we Sizwe Party laat uitlek het, is versoek om ‘n voorlegging in te dien oor hoekom die persoon se dienskontrak nie beëindig moet word nie. Die lyste is die naweek in sosiale media uitgelek. ’n Ondersoek dui daarop dat die uitlekking afkomstig is uit interne stelselgegenereerde verslae binne die kommissie. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, sê verskeie maatreëls is getref ná die voorval: