Amerikaanse sending in Suid-Afrika oor finansies en energie
Amerika se adjunk-minister van die Tesourie, Wally Adeyemo, besoek Suid-Afrika dié week op ‘n sending om die ekonomiese verhouding tussen die twee lande ‘n hupstoot te gee. Adeyemo se agenda sluit in besprekings oor die bestryding van onwettige finansiële transaksies, die bevordering van ‘n skoon energie-oorgang, belegging in jong entrepreneurs en leiers, en die bestryding van natuurlewehandel. Geskeduleerde vergaderings met regeringsampenare, sakeleiers en studente sal gehou word in Kaapstad, Pretoria en Johannesburg. Die besoek vind plaas te midde van onlangse spanning tussen Washington en Pretoria.