Vermeende stroper betrap na lokval
Boere gaan steeds gebuk onder veediefstal en stropery. Die Otjiwarongo-polisie sê ‘n 36-jarige man is aangekeer met die hulp van Kyani Anti-Poaching in die gebied na ‘n boer van plaas Roland droë gemsbokvleis in die veld, met draadstrikke gevind het. Die teenstropery-eenheid het die stropers ingewag en die man is gevang met vleis in sy besit. Die ondersoek duur voort.