Eise vir aanspreeklikheid na 4-jarige se verkragting
Die African Transformation Movement doen ‘n beroep op die Oos-Kaapse departement van Onderwys om rekenskap te gee van die nalatige en onmenslike optrede van die skoolhoof en onderwysers van die Junior Sekondêre Skool Emdeni in Ludeke in Bizana wat gelei het tot die verkragting van ‘n vier-jarige leerder. Die meisie, wat haar self bevuil het, is van haar klere gestroop, huis toe gestuur en moes op haar eie terugstap. ‘n Woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê sy is toe deur onbekende aanvallers verkrag: