SMEs het befondsing nodig

Die wetgewer Maximalliant Katjimune het ‘n beroep op die parlement gedoen om ‘n ondersoek van stapel te stuur na die struikelblokke rondom die finansiering van klein en medium ondernemings in Namibië. Katjimune voer aan dat so ‘n ondersoek noodsaaklik is om toegang tot befondsing te verbeter en die ekonomiese potensiaal van die sektor te ontsluit. Navorsing wys dat hierdie besighede werk en inkomste verskaf aan ongeveer 160 000 mense, wat ongeveer een derde van Namibië se arbeidsmag uitmaak, met 60 000 mense wat voltyds in hierdie sektor werksaam is. Meer as 70 persent van hierdie ondernemings in Namibië misluk binne hul eerste jare, ‘n tendens wat vererger word deur globale ekonomiese uitdagings soos die Covid-19-pandemie en geopolitieke spanninge. Daar is tans meer as 70 000 mikro-, klein- en medium-ondernemings in verskeie industrieë in die land, volgens die International Finance Corporation. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die direkteur van SME Compete, Danny Meyer, oor waar die probleem lê.