Stad Kaapstad stuur span om soek na vermiste Joslin Smith

Die Stad Kaapstad het polisiebronne gestuur om te help met die soektog na die vermiste ses-jarige Joslin Smith in Saldanhabaai aan die Weskus. Sy word al langer as ‘n week lank vermis nadat sy verdwyn het buite haar huis in die Middelpos-informele nedersetting. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle het ‘n groot span met ondervinding gestuur om te help met die soektog na Joslin.