SA-gebore Swart Pet-bouler kondig uittrede aanFebruary 27, 2024
Krieket: Die Nieu-Seelandse bouler Neil Wagner wat in Pretoria gebore is, het sy uittrede aangekondig uit internasionale krieket. Die 37-jarige was die twaalfde man in twee toetse vir die Proteas, voordat hy in 2008 na Nieu-Seeland verhuis het. Hy het sedert 2012, 64 toetse vir die Swart Pette gespeel en 260 paaltjies geneem. Wagner het besluit om uit internasionale krieket te tree nadat hy ingelig is dat hy nie oorweeg sal word vir die reeks van twee toetse teen Australië, wat Donderdag in Wellington begin nie. Wagner het die Nieu-Seelandse ondersteuners bedank dat hulle hom soos ‘n Kiwi laat voel het.