Duitse wet laat beperkte dagga-verbouing en besit toe

Duitsland se Bundestag het ‘n wet aangeneem wat individue en vrywillige verenigings toelaat om beperkte hoeveelhede dagga te kweek en te besit. Die wet, wat deur kanselier Olaf Scholz se regerende drieparty-koalisie goedgekeur is, wettig die verbouing van tot drie plante vir private verbruik en die besit van tot 25 gram dagga. Grootskaalse, maar steeds nie-kommersiële, daggaproduksie sal toegelaat word vir lede van sogenaamde daggaklubs met nie meer as 500 lede nie, wat almal volwassenes moet wees. Slegs klublede kan hul produk verbruik. “Ons het twee doelwitte: Om die swart mark te onderdruk en verbeterde beskerming van kinders en jongmense,” het gesondheid-minister Karl Lauterbach gesê.