Banyana ‘n tree nader aan Olimpiese Spele-kwalifisering

Sokker: Banyana Banyana beweeg nader om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer nadat hulle Tanzanië met 3-nul geklop het in hul eerste-ronde kwalifiseringstryd in Dar-es-Salaam. Jermaine Seoponsenwe het Suid-Afrika se eerste doel aangeteken in die tiende minuut, en die span het hul telling in die 57ste minuut verdubbel toe Thembi Kgatlana die agterkant van die net gehaal het. Hildah Magaia het die derde doel laat in die wedstryd aangeteken. Die twee lande ontmoet mekaar Dinsdag weer in die tweede ronde in Mbombela.