Nuwe sterrestelsel is besig om te ontwikkel

Die helderste bekende voorwerp in die heelal, ‘n kwasar, wat 500 triljoen keer helderder as ons son, is geïdentifiseer. Australiese wetenskaplikes het die kwasar gesien wat aangedryf word deur die vinnigste groeiende swart gat, wat ooit ontdek is. Sy massa is ongeveer 17 miljard keer dié van ons sonnestelsel se son, en dit verslind die ekwivalent van ‘n son per dag. Die lig word uitgestraal vanaf ‘n “aanwasskyf” wat sewe ligjare in deursnee is. Daardie skyf is waar materiaal ingesleep word en om die swart gat spiraal, voordat dit die gebeurtenishorison oorsteek en verswelg word. ‘n Kwasar lyk soos ‘n ster maar is ‘n uiters helder en aktiewe middelpunt van ‘n jong sterrestelsel, wat sterrekundiges glo nie lank na die oerknal ontstaan het nie en in die buitenste dele van die heelal aangetref word. Alle kwasars bestaan uit ‘n swart gat omring deur ‘n aanwasskyf. Kosmos 94.1 Nuus het by Professor Pieter Meintjies, ‘n astroloog aan Vrystaatse universiteit, meer gaan uitvind oor hoekom die kwasar so helder is.

Meintjies sê ons hoef ons nie te bekommer oor die super-massiewe swart gat nie.