Red Bull is steeds die top-span

Carlos Sainz van Ferrari gee die pas aan op die tweede dag van die Formule Een-voorseisoentoetse in Bahrain. Sergio Perez van Red Bull was die tweede vinnigste, gevolg deur Lewis Hamilton se Mercedes. Sainz se tyd was beter as dié van die driemalige kampioen, Max Verstappen, op die eerste dag. Die tweede Ferrari van Charles Leclerc het die sesde vinnigste tyd van die dag aangeteken, maar hy het slegs in die stadiger oggendsessie gejaag. Leclerc sê Red Bull is steeds die span om te troef: