Instituut vra wysiging van SA Wet op Dieregesondheid

Die Suider-Afrikaanse Omgewingsinstituut vir Geloofsgemeenskappe vra dat die Wet op Dieregesondheid gewysig word. Die instituut wil hê die wet moet ‘n verbod plaas op die vervoer van diere deur Suid-Afrika, in toestande wat skadelik is vir hul gesondheid. Die vasgemeerde skip Al Kuwait het sedert Sondag ‘n ondraaglike reuk in Kaapstad veroorsaak. Die skip wat van Brasilië af kom, vervoer 19-duisend beeste. Braam Hanekom van die instituut, sê van die beeste is dood aangetref.