Voedselhulp in noordelike Gaza gestaak

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het besluit om die lewering van noodsaaklike voedselhulp in die noorde van Gaza te staak totdat toestande verbeter het. Die organisasie sê hulle het gehoop om die afgelope naweek met ‘n weeklange aflewering te begin en elke dag tien vragmotors te stuur om die hongersnood en wanhoop te probeer stuit. Afleweringspanne het egter met geweervuur en honger skares te doen gekry wat op die vragmotors probeer klim het. Die VN-organisasie sê hy hoop om aflewerings so gou moontlik op ‘n verantwoordelike manier te hervat.