Ontmoet ‘n kenner in paralimpiese klassifikasie

Tanya Botha, ‘n oogkundige by Rita Frank Optometrists, is een van die min oogkundiges in Namibië wat ‘n kursus gedoen het in internasionale visuele klassifisering, om paralimpiese atlete te kan klassifiseer vir die Olimpiese Spele. Botha en ‘n kollega, Chantal Simon van Oculus Vision Centre, het verlede jaar die opleiding in China en Colombia ondergaan. Hulle sal met die Nasionale Olimpiese Komitee werk om Namibiese paralimpiese atlete te klassifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Botha gesels oor die werk wat hulle sal doen.