FBI-informant het oor Biden gelieg

Die Amerikaanse Departement van Justisie sê ʼn gewese FBI-informant wat beskuldig word dat hy gelieg het oor president Joe Biden, sy seun Hunter en ʼn Oekraïnse energiemaatskappy, het kontak gehad met amptenare wat met Russiese intelligensie verbind word. Alexander Smirnov word aangekla dat hy in Junie 2020 vals bewerings teenoor die FBI gemaak het dat uitvoerende hoofde wat geassosieer word met die Oekraïnse energiemaatskappy, Burisma, die president en sy seun in 2015 en 2016 byna 95 miljoen Namibiese dollar elk betaal het. Die departement sê in hofdokumente Smirnov se kontak met Russiese amptenare was uitgebreid en het onlangs plaasgevind.