Springbok-vroue wil beter doen by sewesreeks

Die Springbok-vrouesewes wil by die Wêreldreeks onder die top-agt eindig om hulle kern-status vir volgende seisoen te bevestig. Hulle het in die eerste deel van die reeks een wedstryd in Dubai gewen, niks in Kaapstad nie en twee verlede maand in Perth. Suid-Afrika is die naweek in Vancouver in dieselfde groep as Ierland, Nieu-Seeland en Brasilië. Die Springbok-sewespeler, Marlize de Bruin, sê dit was swaar om verlede maand met sewe-nul teen Brasilië te verloor: