Kansas-skietery was ‘n stryery

Twee mans is aangekla van moord in verband met ‘n skietery ná die Kansas City Chiefs se Super Bowl-oorwinningsparade verlede week. ’n Vrou wat uitgeken is as Lisa Lopez Galvan is dood en nóg 22 mense is gewond in die skietery in Kansas City, Missouri. Die aanklaer in Jackson, Jean Peters Baker, sê die verdagtes, Dominic Miller en Lyndell Mays, is aangekla van moord in die tweede graad, twee aanklagte van strafregtelike gewapende optrede en die onregmatige gebruik van ‘n wapen: