Metcalfe sê Uumati is nie geskors nie, punt

Meer inligting is bekom oor die poging deur Oceana Group Limited om Martha Uumati, die uitvoerende hoof van Erongo Marine Enterprises, te skors. Erongo Marine is ‘n filiaal van Oceana. Volgens plaaslike media is Uumati geskors nadat sy nie ‘n vergadering in Kaapstad by Oceana se kantore bygewoon het nie. Uumati het Oceana met ‘n regsgeding gedreig en in ‘n brief aan die Kantoor van die Arbeidskommissaris onder meer gesê dat Oceana haar nie prosedureel geskors het nie, en haar ook nie ‘n kans gegee het om haarself te verdedig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes-prokureurs, Uumati se regsverteenwoordiger, gepraat wat sê dat Erongo haar egter nie geskors het nie. Hy verduidelik waarom.