Die Oklahoma-dorp wat dans vir 82 jaar verban het

Hoeveel Footloose-aanhangers weet die fliek is eintlik deur ‘n regte dorp geïnspireer?

Elmore City, Oklahoma, het dans vanaf 1898 verbied in ‘n poging om die hoeveelheid alkohol wat verbruik word en die gepaardgaande dronk manewales te beheer.

Skokkend genoeg sou die verbod eers in 1980 opgehef word nadat die dorp se hoërskoolleerlinge betoog het omdat hulle nie toegelaat is om te dans nie.

In 2010 het die dorp weer die nuus gehaal deur die berugte dinee op sy 30ste herdenking te herskep.

En net ‘n jaar later het die dorp sy eerste Footloose-fees aangebied wat sedertdien ‘n jaarlikse tradisie geword het – propvol aktiwiteite, insluitend ‘n pannekoekontbyt, 5km-draf en motorskou.

Wat sou die lewe sonder rock musiek en dans wees? 

Foto: Verskaf