Ekurhuleni-programkomitee sal wantroue-mosie teen burgemeester hanteer

Die speaker van die Ekurhurleni-stadsraad, Nthabiseng Tshivhenga, sê die metro se programkomitee sal die wantroue-mosie teen die burgemeester, Sivuyile Ngodwana, hanteer. ActionSA het ‘n mosie teen Ngodwana en sy span van burgemeesterskomiteelede ingedien, in wat hulle sê ‘n poging is om Ekurhuleni van die rand van ineenstorting te red. Tshivhenga sê haar kantoor gaan nie enige verdere kommentaar op die proses lewer nie.