Hoe nou met olie-raffinering?
Amerikaanse ru-olievoorraad het verlede week gestyg terwyl petrol- en distillaatvoorraad gedaal het, namate raffinering tot sy laagste vlakke sedert Desember 2022 gedaal het. Volgens Moneyweb verhandel Brent-ruolie teen 82,40 Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor die impak van raffinering wat wêreldwyd afneem, veral vir Namibië en Suid-Afrika. Klopper sê egter dat ons meer moet fokus op wat met die Amerikaanse dollar gebeur.