Trump sal teregstaan in Stormy Daniels-saak
Donald Trump sal die eerste voormalige Amerikaanse president word wat op kriminele aanklagte teregstaan, nadat ‘n regter in New York ‘n verhoordatum op 25 Maart vasgestel het vir die saak spruit uit stilbly-geld wat aan ‘n pornoster betaal is. Regter Juan Merchan het Trump se versoek geweier om die saak uit te gooi. Dit beteken dat Trump tereg sal staan in ten minste een van die vier kriminele sake wat hy in die gesig staar terwyl hy veg vir die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Trump het Merchan gevra om die 34 aanklagte wat hom van die vervalsing van sakerekords beskuldig om die betaling van 130 000 Amerikaanse dollar aan die pornoster Stormy Daniels voor die 2016-verkiesing weg te steek, uit te gooi. Merchan het minder as 10 minute geneem om Trump se versoek te weier.