Radio bly beste medium
Dis vandag Wêreld-radiodag wat gevier word met die tema, Radio: A century informing, entertaining and educating. Die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur sê die dag is ʼn geleentheid om radio as ʼn medium te vier. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Tawfik Jelassi, sê Wêreld-radiodag is ook ʼn geleentheid om internasionale samewerking tussen radio-uitsaaiers te bewerkstellig en groot netwerke en plaaslike radiostasies aan te moedig om toegang tot inligting en vryheid van spraak te bevorder: