60 van Rock se grootste ikone op nuwe liefdadigheidslied

In ‘n hartroerende gebaar van kameraadskap het tientalle kitaar- en rockmusiek-ikone ingestem om ‘n liefdadigheidsenkelsnit te vervaardig om tieners met kanker te help. Dit is ‘n poging deur Mark Knopfler van Dire Straits wat reeds honderde duisende dollars hiervoor ingesamel het.

Die snit bevat legendariese kunstenaars wat sing vir liefdadigheid. Bekendes van David Gilmour tot Ronnie Wood, Slash tot Eric Clapton, Sting tot Joan Armatrading, Bruce Springsteen tot Pete Townshend, Joan Jett tot  Albert Lee, en Brian May tot Tony Iommi gaan deelneem.

Selfs Jeff Beck se laaste ruggraat-tintelende opname is op die lied.

Die liedjie wat op 15 Maart vrygestel sal word is ‘n opdatering van Knofler se lied ‘Going Home’, wat steeds voor elke tuiswedstryd van die Newcastle United-sokkerklub in Engeland gespeel word.

Foto: Verskaf