Verbetering in beurtkrag word teen Woensdag verwag

Die buurland se elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, sê ‘n aansienlike verbetering in beurtkragfases word teen Woensdag verwag. Sowat 4 400 megawatt opgewekte krag is die einde van die week van die netwerk verwyder as gevolg van ketelbuis-lekke. Dit het gelei tot die afskakel van nege opwekkingseenhede wat die land in fase ses-beurtkrag gedompel het. Ramokgopa sê Eskom skakel nou direk met die vervaardigers om die probleme op te los.