Dis amptelik – Rassie is terug as Springbok-hoofafrigter

Rugby: Rassie Erasmus keer amptelik terug as hoofafrigter van die Springbokke vir die volgende vier jaar. SA Rugby het die afrigtingspan bevestig, met die gewese Ierse haker Jerry Flannery wat beheer oorneem van verdediging, terwyl die gewese All Black-losskakel Tony Brown sal fokus op aanval. Hulle sluit aan by Mzwandile Stick, Deon Davids en Daan Human, met Andy Edwards as hoof van atletiese prestasie. Jaco Peyper, wat onlangs uitgetree het as skeidsregter, sluit aan as nasionale raadgewer oor reëls, en die Bok-agsteman Duane Vermeulen is die reisende afrigter van al SA Rugby se nasionale spanne.