Eskom help Cullinan-watervoorsieningskema

Magalies Water sê hy monitor die verbetering van die watervoorsiening vanuit die Cullinan-watervoorsieningskema. Die skema het watertoevoer-onderbrekings verwag as gevolg van krag-onderbrekings, wat rou water in die aanleg onttrek vir behandelingsprosesse voor dit in die grootmaatnetwerk versprei word. Magalies Water se woordvoerder, David Magae, sê Eskom het daarin geslaag om die toevoer-onderbreking op te los wat die rouwaterpomp beïnvloed het.