Oupa en ouma drink te veel

Samuel Shivute, voorsitter van die Oshikoto-streekraad, pleit by senior burgers om op te hou om alkohol op krediet te neem. Volgens Shivute is die toenemende drankmisbruik onder pensioenarisse ‘n bron van groot kommer omdat hulle geen geld oor het vir voedsel nie. Hy sê hulle neem die drank op krediet en wanneer hulle toelaag betaal word, is dit reeds opgebruik. Hy sê hulle van vanaf ses-uur in die oggend tot 11-uur saans buite sogenaamde cuca-winkels.