Samewerking tussen Bipa, NamRA, goeie nuus

Sam Shivute, kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap, sê ‘n nuwe vennootskap met die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, gaan dienslewering aan verbruikers verbeter. Die memorandum van verstandhouding is onder meer daarop gemik om samewerking in die deel van inligting oor die registrasie en instandhouding van sake-entiteite en intellektuele eiendomsregte in die land op te skaal. Shivute was aan die woord nadat hy die memorandum saam met Bipa se uitvoerende hoof, Vivienne Katjiuongua, in die hoofstad onderteken het.