Israel voer nuwe lugaanvalle op Gaza uit

Israeliese magte het nuwe lugaanvalle in Gaza uitgevoer terwyl Hamas ‘n nuwe voorstel vir ‘n wapenstilstand en die vrylating van gyselaars wat in die Palestynse enklawe aangehou word, bestudeer. Getuies sê Israel het lugaanvalle op Gazastad in die noorde verskerp en dele van Khan Younis in die suide gebombardeer, ten spyte van wat gelyk het na die ernstigste vredesinisiatief vir maande in die Israel-Hamas-oorlog. Israel se weermag sê sy magte het die afgelope 24 uur minstens 25 Palestynse militante in Gaza doodgemaak, en dat drie Israeliese soldate dood is.